Lumardt is ontslaan

Die neuroloog het eMalahleni se bergfietsryer wat verlede naweek van sy fiets afgestamp is, die groen lig gegee, en hy in vanoggend ontslaan,

eMalaheni se bergfietskampioen is ontslaan.

Lumardt Pienaar se ma, Raylene Pienaar het die nuus gedeel dat die neuroloog by Flora Kliniek in Johannesburg hom vanoggend die groen lig gegee het.

“Medikasie vir die epileptiese aanvalle wat Lumardt kry, is aangepas en ons is hoopvol dat dit die aanvalle sal beheer,” het Pienaar gesê.

Sy het gesê Lumardt is nog baie moeg, en hy het rus nodig.

Die Pienaar ouerpaar bedank almal vir die gebede, boodskappe, liefde en ondersteuning.

“Julle het ons deur die moeilike tyd gedra, ons sou dit nooit kon doen sonder die uitsonderlike werk van die mediese span asook die ondersteuning van ons familie, vriende, Audeamus Skool en die eMalahleni gemeenskap nie. Ons dank ons Skepper, en ons weet Hy het nog groot planne vir Lumardt.”

Die bestuurder van die bakkie wat Lumardt op 3 November gestamp het, het weggejaag.

Die polisie ondersoek ’n saak van roekeloos of nalatige bestuur.

Lumardt het onlangs tweede algeheel geëindig in die Alzu Tour de Farm 45km resies en hy is sewende op die ranglys in die land en eerste in Mpumalanga.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

Exit mobile version